KLEUTERSKOOL NURSERY SCHOOL
In die klaskamer
Kleuters word ingedeel volgens hulle jaargroep en daar is beperkings aan getalle per klas. U kleuter mag moontlik op 'n waglys geplaas word. In elke klaskamer is genoegsame personeel om te verseker dat elke kleuter individuele aandag kry, en om sodoende aan almal se behoeftes te kan voorsien. Tweety Land volg geregistreerde programme om te verseker dat elke kleuter korrek gestimuleer word en onderrig toepaslik is op hulle ouderdom. Vir ons babas volg ons Tiny and Tots sowel as leer/speel/wen program. Vanaf 18 maande tot Gr.R volg ons die leer/speel/wen en die Day-by-Day program. Beide hierdie programme is uitgewerk volgens die "Nation Curriculum Framework for children from birth to 4 years" Die Gr.R Day-by-Day program is gebasseer op CAPS (Curriculum Assessment Policy Statements) Elke kleuter ontvang 'n kwartaalikse evaluering of observasie verslag.
Dissipline
Tweety Land het nie 'n dissipline stelsel nie. Ons gebruik slegs positiewe aanmoediging of "time-out". Dit is ouers se plig en voorreg om kinders op te voed. Ouers word in kennis gestel wanneerons gedragsprobleme ervaar.
Roetine
Die volledige dagprogram is beskikbaar in elke klaskamer. Kleuters hou van orde en roetine. Almal is rustig tussen 12:00 - 14:00 en meeste kleuters geniet hul middagslapie.
Voedsel
Tweety Land se maandelikse skoolfonds sluit alle etes in. Ons eetprogram is uitgewerk deur Living Well Dietitians. Kleuters ontvang ontbyt, 2 verversings en 'n groot ete in die middae. Riglyne oor gesonde kos vir kleuters sowel as die eetplan is beskikbaar in die kantoor.
Veiligheid
Tweety Land kleuterskool se perseel is 24uur onder kamera toesig. Kamera beleid is beskikbaar in die kantoor. - Ouers moet die in-en-uit teken register invul met die afgee en ontvang van kleuters. - Hekke is ten alle tye gesluit, en vreemdelinge word nie toegelaat nie. - Tweety Land personeel het 'n noodplan in plek, en het 'n selfverdediging kursus bygewoon. - Secure Access reageer op ons "panic" knoppies - Ouers moet die kantoor in kennis stel indien enige ander persoon die kleuter kom afhaal. - Fotos van kleuters word slegs op sosiale media geplass met toestemming vanaf die ouers. - Kleuters moet by klassies afgegee word.
Siek of beseerde kleuters - Wanneer daar 'n aansteeklike siekte in die omtrek is, word alle ouers dadelik in kennis gestel. - Indien u kleuter enige aansteeklike siekte het is die kleuter verplig om tuis te bly. - Wanneer 'n kleuter siek raak of beseer is by die skool, word die ouers dadelik gekontak en in kennis gestel. - Met inskrywing word die kleuter se kliniek-kaart vereis. - Tweety Land voorsien slegs medikasie indien dit 'n doktersvoorskrif is, en die ouers die medikasie vorm ingevul het. - Alle personeel het die nodige eerstehulp opleiding. - Beseringsvorms moet deur die ouers sowel as die bestuurslid onderteken word.
 Day by day Kurrikulum
Somer - Kwartaal 1 1. Somer 2. My Lyfie 3. My Huis 4. My Familie 5. Primere Kleure 6. Troeteldiere 7. Vorms 8. Dairy 9. Teenoorgesteldes 10. See Diere
Herfs - Kwartaal 2 1.Herfs 2. Senses 3. Sekondere Kleure 4. Diere se Huisies 5. Vorms 6. Waarvan is dit gemaak? 7. Plaas Diere 8. Vervoer 9. Occupations 10. Skoenlappers en Goggas
Lente - Kwartaal 4 1. Lente 2. Vrugte 3. Keeping Clean 4. In die Ruimte 5. In die Tuin 6. Visse
Winter - Kwartaal 3 1. Winter 2. Spinnekoppe 3. Going Shopping 4. Vuur 5. Reptiele 6. Groente 7. Diere van Afrika 8. Pad Veiligheid
Graad R Temas
Somer - Kwartaal 1 1. Ek 2. By die Skool 3. In die klaskamer 4. Boeke 5. Dae van die Week 6. My Lyfie 7. Gesonde Leefstyl 8. Somer 9. Primere Kleure 10. Troeteldiere
Herfs - Kwartaal 2 1. My Huis 2. Veiligheid 3. My Familie 4. Die weer 5. Herfs 6. Klank 7. Sig 8. Voel 9. Proe en Ruik 10. Sekondere Kleuer 11. Vorms
Winter - Kwartaal 3 1. Winter 2. Vervoer 3. Werk wat mense doen 4. Water 5. Vrugte 6. Groente 7. Dairy Farming 8. Wol Boerdery 9. Health Environment 10. In die Ruimte
Lente - Kwartaal 4 1. Lente 2. Voeltjies 3. Reptiele en Paddas 4. Dinasorus 5. Wilde Diere in Afrika 6. Sport 7. Teenoorgesteldes 8. Soliede Vorms 9. Ligte en Dinker Kleure
Kom besoek ons gerus of skakel vir Tweetyland by 066 299 4466