Tweety Land is 'n buitengewone kleuterskool wat 'n pad stap saam met baba tot Gr. R en is geleë in Witbank Uitbreiding 16, Klipfontein. WELKOM! Baie welkom by 'n besonderse kleuterskool! Ons strewe daarna om: Kleuter se sosiale en emosionele ontwikkeling te bevorder deur positiewe leiding te gee, ons bied fisiese en emosionele sekuriteit en help elke kleuter om hulself te leer ken, verstaan en te aanvaar en daardeur as 'n selfstandige individu te staan. Ons help reg, maak reg, en wys die weg! - Surita de Klerk - Tweetyland is geregistreerd by "Department of Social Development" Lid van VVOS (Engels:AECYC) (Vereniging vir voorskoolse opvoeding en sorg)
Me Surita De Klerk Eienaares / Skoolhoof Juf Madelein Onderhoof
Personeel Tweety Land se personeel is liefdevolle dames wat 'n passie het vir kinders. Personeel word gereeld op verskilllende opleidings kursusse gestuur, en het 'n noue band met NeuroEduCare
Juffrou Ruzaan Badenhorst Juffrou Monnica Letlhaka Juffrou Roenè Klindt Juffrou Dolly Dlamini Juffrou Elsie Harmse
Juffrou Chanel Strydom Juffrou Susan Venter Juffrou Goodness Shabane Juffrou Reneé Botha  Juffrou Amorezè Dalziel
Juffrou Marie Labuschagne Juffrou Lark Pettit Juffrou Bella Gagiano  Juffrou Lennia Mfhuti  Juffrou Chantal
Naudè
Juffrou Carissa Brits
Eetprogram
Kommunikasie
'n Gesonde gebalanseerde eetprogram is baie belangrik vir ons, daarom het ons die hulp van "Living Well Dietitians" ingekry met die opstel van ons eetplan. Sy gee ook vir die ouers meer inligting oor: 1. Gesonder ontbyt opsies 2. Hoe om gesonder koeldrank te kies 3. Raad vir kinders wat hardlywig is 4. 10 Wenke vir kinders wat "picky eaters" is Die kossies word by die skoolfonds ingesluit wat alles vir u as ouers vergemaklik deur net u kleuter te kan aflaai in die oggende en met 'n geruste hartjie te werk en te weet u kleuter kry genoegsmae en behoorlike voeding. Die volledige eetplan is beskikbaar by die skool.
Elke klassie het 'n WhatsApp Groep waarop slegs "admin" personeel boodskappe kan uitstuur. Die doel van die groepie is om kommunikasie te vergemaklik, asook om 'n "onthou" boodskap uit te stuur wanneer daar iets belangrik by die skool plaasvind. Daar is ten alle tye 'n bestuurslid aan diens wat u enige tyd kan skakel: 066 299 4466 2024 Fooie
Kontak Besonderhede Surita de Klerk : 072 288 9810 Skool: 066 299 4466 Epos: info@tweetyland.co.za Kom haal gerus jou inskrywingsvorm af by Tweety Land se kantoor Skool Uniform Beskikbaar in die kantoor. Uniform is nie verpligtend nie
Skoolfonds is maandeliks vooruitbetaalbaar Registrasie is R400 Skoolfonds is R2000 per maand Daar is 'n eenmalige skryfbehoefte lysie wat ouers moet voorsien
Kom besoek ons gerus of skakel vir Tweetyland by 066 299 4466